Veediewe loop hul rieme styf

Bethal veediefstaleenheid en die plaaslike polisie het onlangs veediewe afgeweer en een vasgetrek.

BETHAL – Veediefstal in die omgewing neem toe.

Bethal-veediefstaleenheid en die plaaslike polisie het onlangs veediewe afgeweer en een vasgetrek.

Dié moontlike verdagte is van die Vaal Driehoek.

Nadat daar beslag op die ligte vragmotor gelê is, is 12 beeste uitgelaai.

Sewe beeste was elders versteek, maar is gelukkig ook gevind.

Die veediefstaleenheid het meer as 20 verdagtes in hegtenis geneem, waarvan meeste van dié vermeende diewe ook vantevore gevang was.

Skaap- en beesdiefstal is aan die orde van die dag.

Landbouers word aangemoedig om alles in hul vermoë te doen om hul vee te beskerm.

‘n Totaal van 12 beeste is uit dié ligte vragmotor gelaai.
’n Vreemdeling loop omstreeks 2.15vm tussen krale rond.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version