Red ’n blaf met jou blikkies

Omdat dié DBV slegs in Bethal en Davel gebied geld mag insamel, sukkel hulle om die mas op te kom.

BETHAL – Bethal DBV het ‘n herwinningsprojek begin om geld vir viervoetige-vriende in te samel.

Omdat dié DBV slegs in Bethal en Davel gebied geld mag insamel, sukkel hulle om die mas op te kom.

Blikkies kan in ‘n blou drom wat by die DBV se hek staan ingegooi word.

Volgens me. Laurna Coetzer, inspekteur en bestuurder, wil hulle graag uitbrei.

“Ons droom is om ‘n speelpark te bou waar mense met hul honde kan kom stap en ontspan.

“Dit sal baie help as diereliefhebbers maandeliks geld kan skenk, al is dit net ‘n klein bedrag.

“Ons moet lone betaal en dit is duur om honde en katte te laat steriliseer.

“Ons wil kafee’s, plekke wat wegneem- etes bied en ook kroë vra om asseblief hulle leë blikkies vir ons herwinningsprojek te skenk.”

Leë blikkies kan ook by Ridge Times kantoor afgegee word.

Vir meer inligting skakel Bethal DBV by 017 647 2658.

Me. Katrina Zwané (assistent) gooi ‘n paar blikkies in die blou blikkie drom terwyl me. Audrey Dreyer gereed maak om die drom uit te stoot.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version