Local newsNews

Al ooit boererate probeer?

Ons het ’n paar mense gevra watter boererate hulle al getoets het en of dit wel gewerk het?

HOëVELD – Jy hoor baie maal van boererate, maar is of te bang om dit te probeer of twyfel of dit werklik sal werk.

Ons het ’n paar mense gevra watter boererate hulle al getoets het en of dit wel gewerk het.

Me. Nicoleen Steyn is self ’n kankerleier en het gesê dat mans en vroue vars wortelsap moet drink om borskanker te bekamp en gesond te bly.

Me. Lizelle Pieters het die volgende getoets en sê dit werk goed:

Gebruik rooipeper vir hoë bloeddruk.

Borrie help vir pyn en inflamasie.

Rooipeper en borrie is deesdae in kapsule vorm by die apteek beskikbaar, dit vergemaklik inname.

Meng gemmer, suurlemoensap, rooibostee en heuning en drink dit om verkoue simptome te verlig.

Om suurlemoensap in warm water gemeng te drink, hou jou vel mooi.

Me. Serüsha Kapp stel voor jy drink ’n bruinsuiker en uie mengsel wanneer jy jou hoesbuie wil beheer.

Me. Carien Möller het haar resep vir koors, verkoue en hoes met ons gedeel:

Kap ’n knoffelhuisie en halwe ui fyn.

Gooi ’n 1/2 koppie kookwater oor dit en laat afkoel.

Wanneer dit koud is, gooi dit deur ’n siffie en meng die aftreksel met twee eetlepels heuning.

Gooi ’n halfwe teelepel borrie by die mengsel en ook bietjie swartpeper.

Drink dit gereeld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button