AfriForum-jeug van Standerton maak met oorgawe skoon

“Ons beoog om in die toekoms die brug op te knap en te verf.”

Die jeug van AfriForum se Standerton-tak het kragte saamgespan op Saterdag 20 Julie by die ou Meyerville-brug oor die Vaalrivier en skoongemaak.

Tydens fase 1 is bome gesnoei, gras gesny en sakke vol rommel opgetel.

“Dit was lekker om die ou brug skoon te maak en ons sal dit graag skoon wil hou,” het me. Michelle Pretorius, jeugportefeuljevoorsitter, gesê.

“Ons beoog om in die toekoms die brug op te knap en te verf.”

Volgens die takvoorsitter, mnr. Pieter Botha, het die jeugspan met oorgawe deelgeneem en dit is lekker om te sien dat die gemeenskap by skoonmaakaksies betrokke raak.

AfriForum het hul borge Meat Masters-slaghuis, Standerton Spar, Engen op die dorp en in Meyerville, sowel as Appledew Gastehuis bedank.

Exit mobile version