Bethallers nou sonder krag en water

Omdat Rand Water net een pomp gebruik om water na die reservoir te pomp, kry GMM nie die watervlak hoër as 40% gelig nie.

BETHAL – Inwoners van Bethal Rand, uitbreiding drie, agt en van die kleinhoewes, is steeds sonder water.

Die krag het ook op 25 Julie omstreeks 7nm afgegaan en was vanoggend, 26 Julie nog nie aan nie.

Blykbaar word almal nie deur die kragprobleem geraak nie.

Govan Mbeki Munisipaliteit het gesê dat hulle besig is om die krag te probeer herstel, maar het nie genoem waarom dit af is nie.

Nadat gebarste pype herstel is, word water weer na die reservoir gepomp.

Omdat Randwater net een pomp gebruik om water na die reservoir te pomp, kry GMM nie die watervlak hoër as 40 persent gelig nie.

Watervlakke mag dalk eers Maandag stabiliseer.

Lees ook: 

#BethalWater: Water is slowly flowing in for Bethal

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version