Vroue doen hul voor as huiskopers voor diefstal in Florapark

Die booswigte se modus operandi het behels dat een met die huiswerker gepraat het, een het met sy skoonma gepraat, terwyl die ander een gaan rondsnuffel het.

Drie vroue het onlangs daardie ou slenter om toegang tot ‘n huis in die mark te kry, benut en waardevolle items gebuit.

‘n Inwoner van Florapark het omstreeks 3.40nm met Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) in verbinding getree en hulp gevra.

Haar man was ten tye van die voorval uithuisig en volgens hom, het die booswigte se modus operandi behels dat een met die huiswerker gepraat het, een het met sy skoonma gepraat, terwyl die ander een gaan rondsnuffel het.

Die inwoner, wat verkies om anoniem te bly, het die publiek aangeraai om versigtigheid aan die dag te lê wanneer jy jou huis in die mark sit.

“Die vroue was goed geklee en het professioneel voorgekom,” het sy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version