Hoëvelder reik uit na CMR Kinder- en Jeugsorgsentrum op Ermelo

Die huise is geregistreer vir 30 kinders en die ouderdomme van die kinders wat tans in die huise woon, wissel van pasgeborenes tot 17 jaar.

Die Hoëvelder het op 18 Julie as deel van die 67 minute vir Mandela Dag na die CMR Kinder- en Jeugsorgsentrum op Ermelo uitgereik.

Vroeg die oggend het die span van die Hoëvelder inkopies aan die huisouers van die huise oorhandig.

Met die baba-eenheid van die organisasie op dieselfde perseel, kon die personeel nie die kans laat verby gaan om by die babas te gaan inloer nie.

Die huise is geregistreer vir 30 kinders en die ouderdomme van die kinders wat tans in die huise woon, wissel van pasgeborenes tot 17 jaar.

Me. Thelma Pretorius het Ermelo se gemeenskap aangemoedig om betrokke te raak by die huise as vrywilligers om tyd saam met die kinders te bestee.

’n Ander behoefte wat die huise het is vir ’n nutsman wat hulle kan help.

Die Hoëvelder wil graag me. Yashika Maharaj, Shodo Nkosi en Mvubu-M Enterprisebedank vir die goedere wat hul aan die Hoëvelder geskenk het om ook aan die jeugsorgsentrum te oorhandig.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version