Local newsNews

Lede van Teksa Blommeklub leer van stillewe-rangskikking

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op Standerton by te woon

SECUNDA – Me. Sophie Hugo het vir lede van die Teksa Blommeklub gewys hoe om ‘n stillewe blommerangskikking te maak by dié klub se vergadering op Donderdag, 20 Junie.

Me. Hugo het gesê ‘n stillewe-ontwerp, is ‘n ontwerp wat saamgestel word deur plantmateriaal te gebruik saam met ‘n groepering van voorwerpe uit enige era.

Die voorwerpe moet met mekaar verband hou en tekstuur vertoon.

Me. Roz du Preez het ook vir lede ‘n rangskikking met die tema, Pot-Et-Fleur, gewys.

Die klub se volgende vergadering is op Donderdag, 25 Julie op Standerton.

Vir meer inligting, skakel me. Magda Schwab by 083 611 0684.

Me. Sophie Hugo by haar stillewe-rangskikking wat sy vir lede van die Teksa Blommeklub gewys het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button