MunicipalNews

Kwesbare waterkwessie op Bethal, is dit die boere se skuld?

Dié struktuur het ‘n deksel op wat net met gespesifiseerde gereedskap oopgemaak kan word. Slegs Randwater het dié gereedskap en nie die boer nie. Dit beteken dat die boer dit nie kon oopmaak om eens by die pyp binne die struktuur uit te kom nie.

BETHAL – Bewerings word gemaak dat boere in die omgewing vanaf ‘n Randwater-hooftoevoerlyn water na hul damme herlei.

Die vraag wat meeste mense vra, is hoe enige persoon dit sal kan regkry om op so ‘n groot toevoerlyn ‘n konneksie kan maak?

Ridge Times het op een van die plase ondersoek ingestel. Naby een van die damme, is ‘n struktuur wat destyds deur Randwater opgerig is.

Dié struktuur het ‘n deksel op wat net met gespesifiseerde gereedskap oopgemaak kan word. Slegs Randwater het dié gereedskap en nie die boer nie. Dit beteken dat die boer dit nie kon oopmaak om eens by die pyp binne die struktuur uit te kom nie.

Die Goven Mbeki Munisipaliteit (GMM) het volgens die boer sonder afspraak die plaas betree en na dié struktuur gery.

“Hulle het gevra om die deksel oop te maak, maar ek het verduidelik dat ek nie kan nie. Hulle het ‘n klip geneem en die deksel oopgebreek. Ons kan nie eers herstelwerk aan die hooftoevoerlyn doen nie. Wanneer daar ‘n lekkasie is of die pyp bars, moet Randwater uitkom,” het die boer gesê.

GMM het gesê dat hulle water en sanitasie-afdeling van die voorval bewus is en dit tans ondersoek. Hulle sal reageer sodra die ondersoek afgehandel is.

VIDEO:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button