#BethalWater: Herstel van waterpyp op Bethal is uitgestel

Die waterpyp in Festensteinlaan wat dié naweek herstel sou word, is vir eers uitgestel tot verdere kennisgewing.

6 Julie 2019 – 13:45

OPVOLG: Herstel van waterpyp op Bethal is uitgestel

BETHAL – Die waterpyp in Festensteinlaan wat dié naweek herstel sou word, is vir eers uitgestel tot verdere kennisgewing.

Foto: San-Marie Cronje

5 Julie 2019 – 17:20

BETHAL – Nog ‘n 450mm waterpyp het in Festensteinlaan gebars.

Volgens me. Michelle Rademeyer van die VF+, kan dié pyp nie geisoleer word nie.

“Omdat die pyp nie geisoleer kan word nie, moet die hele dorp se water afgesit word om sodoende die pyp te herstel. Maak julle waterkanne vol,” het sy gesê.

Die dorp se water sal volgends me. Rademeyer môre, 6 Julie, afgesny word om die lek te herstel.

“Ek wag nog vir terugvoer hoe lank die herstelwerk gaan neem.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version