MunicipalNews

Bethal water probleem ‘n groot kopseer

“Die water wat na die hoof reservoir moet vloei word deur onwettige konneksies na plase herlei. Die water kan dus nie by die resevoir uitkom nie. Sake is deur GMM by die plaaslike polisie oopgemaak.”

BETHAL – Me. Michelle Rademeyer VF+ Bethal kandidaat, het bevestig dat van die inwoners van uitbreiding 3, 8 en Bethal Rand weer eens vanaf 27 Junie sonder water is.

Hoewel Ridge Times by Govan Mbeki Munisipaliteit (GMM) probeer uitvind waarom sekere uitbreidings van dié dorp sonder water is, was daar geen antwoord nie.

Me. Rademeyer het bevestig dat sy die oorsprong van die probleem gevind het.

“Die water wat na die hoof reservoir moet vloei word deur onwettige konneksies na plase herlei. Die water kan dus nie by die resevoir uitkom nie. Sake is deur GMM by die plaaslike polisie oopgemaak.”

Blykbaar ondersoek GMM die saak verder.

Hulle probeer ook vasstel of daar nog ander onwettige konneksies is.

Me. Rademeyer het verder gesê dat inwoners ontsteld is.

“In Desember was dieselfde gebiede sonder water vir bykans vier weke. Rand Water het destyds die drukking as gevolg van wanbetaling verminder. Toilette word verstop, niemand kan bad of klere was nie. Almal het nie watertenks nie en almal kan nie bekostig om water te bly koop terwyl ons reeds betaal vir die spesifieke diens vanaf GMM nie.”

Ridge Times sal vanmiddag by inwoners gaan aanklop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button