Local newsNews

Twee vroue neem hande om perde-terapie aan publiek te bied

Dié twee vroue sal spesiale sessies uitwerk rondom elke kind of gesin se behoeftes om te voorsien dat mense wat deur ’n traumatiese ondervinding of hulp kort om ’n geliefde se dood te verwerk, sal kan baat vind by perde-terapie.

SECUNDA – Me. Soleil Kruger (spelterapeut) en me. Susan van der Merwe (perdekenner) het hande geneem om kinders te help met terapie.

Hulle het onlangs ’n opedag by Lake Umuzi aangebied.

Volgens me. Kruger is diere en kinders een van die beste kombinasies in die lewe.

“Die meeste kinders word gebore met ’n opregte liefde en waardering vir diere,” het me. Kruger gesê.

“Dit is duielik as ’n mens sien hoe ’n kind se gesig ophelder as hulle ’n hond, of kat of perd sien en hoe hulle dan dié dier wil vryf.

“Daar is ’n natuurlike aantrekkingskrag tussen dier en kind.”

Me. Kruger en me. Van der Merwe, het op dié natuurlike aantrekkingskrag tussen mens en dier staat gemaak om hul terapiesessies voort te sit in Secunda.

Me. Kruger het al meer as agt jaar se ondervinding daarin om met gesinne en veral kinders te werk en sy het ’n meestersgraad in spelterapie terwyl me. Van der Merwe al haar lewe lank tussen perde werk.

“Ek sien daagliks die moeilike omstandighede waaraan kinders en gesinne blootgestel word,” het me. Kruger gesê.

Volgens haar sluit dié omstandighede in ouers wat skei, kinders wat mishandel word, kinders wat op skool geboelie word, kinders met gedrags- en emosionele probleme en kinders wat sukkel met ’n lae selfbeeld.

“Dit is van die hoofredes hoekom kinders vir spelterapie kom.”

Volgens me. Van der Merwe, is perde al vanaf die oorlogsdae gebruik om soldate fisies en emosioneel deur die harde omstandighede te dra.

“Perde het ’n natuurlike instink om ’n mens se emosionele lyftaal te analiseer,” het me. Van der Merwe gesê.

“Dit is deel van perde se genetiese raamwerk om hulself teen gevare in die wild te beskerm.

“Perdeliefhebbers sal kan getuig hoe hul perde ’n spesiale band met hulle vorm wat uniek is in vergelyking met enige ander verhouding.

“Perdeliefhebbers en hul perde verstaan mekaar.”

Volgens me. Kruger en me. Van der Merwe, help perde-terapie met motorise ontwikkeling, sensoriese integrasie, gedragsverandering, konsentrasievermoeë, balans, sosialevaardighede, emosionelevaardighede, fisiesevaardighede, kognitiewevaardighede en selfbeeldontwikkeling.

Dié twee vroue sal spesiale sessies uitwerk rondom elke kind of gesin se behoeftes om te voorsien dat mense wat deur ’n traumatiese ondervinding of hulp kort om ’n geliefde se dood te verwerk, sal kan baat vind by perde-terapie.

Me. Van der Merwe se perde-sentrum, Pelipa, het tans agt perde wat onderhou en versorg verg.

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na soleilkruger@yahoo.com.

Me. Susan van der Merwe (middel) en me. Soleil Kruger, met die perde wat hulle gaan gebruik vir perde-terapie. Hul kinders is (links) Nia-Lovese van der Merwe en Blyde Kruger (op die perd).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button