CrimeNews

Vroue word selfs in Bethal middedorp geteiken

Vroue word blykbaar nou, wanneer hulle alleen dorp toe gaan, geteiken. Hoewel Bethal-polisie genoem het dat daar nog nie so tipe geval aangemeld is nie, het ’n vrou wat in die dorp, in haar motor aangerand was, haar skrikwekkende storie met ons gedeel.

BETHAL – Verskeie vroue het gekla dat hulle in dié dorp wanneer hulle alleen in hul motors is geteiken word.

Om die identiteit van die vroue te beskerm, word hul name nie genoem nie.

Een vrou het vertel: “Dit was so 6.30nm die aand en ek het dorp toe gegaan om melk te koop. Die dorp was baie besig. Ek was nog besig om te kyk waar ek kan parkeer, toe ‘n motor langs my stop, toeter begin blaas en vir my ligte gooi. Drie mans het in die motor gesit, waarvan een die bestuurder was.”

In elke voorval moes die vroue noodgedwonge in een van die parkerings stilgehou het omdat die man met sy motor hul daarin gedwing het. Een van die vroue het vermoed dat sy dalk ‘n papwiel het en het daarom haar venster ‘n entjie afgedraai om te hoor wat die man vir haar wil sê.

“‘n Baie groot en aggressiewe man het uit sy kar geklim en dadelik op my begin skree. Hy het my daarvan beskuldig dat ek sy voertuig gestamp het. Mens verwag nooit die ergste nie en ek het vir hom probeer verduidelik dat ek nie sy kar gestamp het nie.”

Nog voor sy weer iets kon sê, het hy haar met die vuis bygedam en haar op haar bors, skouer en in die gesig geslaan. Hierna het hy haar motor se sleutel gegryp. Sy het haar man en ‘n veiligheidsgroep op Bethal geskakel en hulle het onmiddellik na haar gehaas.

Mnr. Walter Stander van Sniper Protection Service en sy span was binne minute by die vrou. Hulle het haar bygestaan en beskerm terwyl sy vir haar man gewag het.

“Die man is baie lank en kon maklik die sleutel bykom. Hy was baie aggressief. My man het die sleutel teruggeneem en niemand gelukkig het verder seergekry nie.”

Volgens Bethal Polisie se woordvoerder, konst. Thomas Mogadime, is daar nog geen sulke klagtes aangemeld nie.

Vroue word gewaarsku om veral saans nie alleen inkopies te gaan doen nie.

As iemand jou probeer aftrek, moenie jou venster afdraai nie.

Skakel onmiddellik ‘n sekuriteitsmaatskappy of iemand wat jy ken.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button