Veediefstaleenheid vind skaapkarkaase in voertuie

Volgens kol. Odendaal, het die eenheid inligting ontvang, wat daarna opgevolg is en tot die inhegtenisneming van vier verdagtes gelei het.

Kol. Drikus Odendaal van Vrede Polisie se veediefstaleenheid het op Dinsdag 11 Junie beslag gelê op skaapkarkasse wat in twee voertuie gevind is.

Volgens kol. Odendaal, het die eenheid inligting ontvang, wat daarna opgevolg is en tot die inhegtenisneming van vier verdagtes gelei het.

Vrede Polisie het die saak daarna aan die Standerton Polisie oorhandig.

Mnre. Moses Morajane, Doctor Moloi, Lefu Mohlape en Joseph Mokoena het op Woensdag 12 Junie in die Standerton Landdroshof verskyn op aanklagte van besit van vermoedelik gesteelde vee.

Die eienaar van die vee is nog nie opgespoor nie.

“Ek versoek boere op veral Cornelia en in die Robertsdrift-omgewing om hul skape na te gaan,” het kol. Odendaal gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version