Local newsNews

Ouma Magrietha Swart se rusplek in ere herstel

’n Voetstuk vir ouma Magrietha en ’n ander een van haar gestorwe kinders, sal met sand afkomstig van die Standerton Rivierpark gevul wees.

Die standbeeld van ouma Magrietha Swart, wat agt kinders in die Anglo-Boereoorlog aan die dood afgestaan het, sal op 15 Junie in die Standerton Konsentrasiekampbegraafplaas onthul word.

Volgens mnr. Rudie Rousseau, ‘n vryskutkameraman van Roodepoort, wat landwyd betrokke by konsentrasiekampbegraafplase is, werk die beeldhouer, Jaco van Niekerk, dag en nag.

“Dit is ‘n tydsame proses,” het mnr. Rousseau gesê.

‘n Voetstuk vir ouma Magrietha en ‘n ander een van haar gestorwe kinders, sal met sand afkomstig van die Standerton Rivierpark gevul wees.

“Ek het die sand na hom op Hartbeespoort vervoer nadat me. Marianne English van die dorp dit by my afgelaai het.”

Ouma Magrietha se ontberinge sal weerspieël word in ‘n liggaamshouding waar sy op ‘n stuk doringdraad staan, met een kind op die heup en ‘n ander wat haar hand vashou.

“Dit is die harde werklikheid,” het hy bygevoeg.

Mnr. Rousseau is van voorneme om op Vrydag 14 Junie deur te ry na die

beeldhouer om alles gereed te kry vir die verrigtinge.

Benewens hulp met ‘n vorige skoonmaak van die begraafplaas, het hy ook gehelp om ouma Magrietha se gedenksteen te skuif vanaf die Standerton Rivierpark na die konsentrasiekampbegraafplaas.

Hy het ‘n Facebook-blad genaamd Vergete Britse Moordkampe in Suid-Afrika begin waar belangstellendes meer inligting kan kry.

Mnr. Rousseau het ook al sy borge hartlik bedank vir die bydraes om geliefdes se laaste rusplek in ere te herstel.

Ouma Magrietha Swart se nagedagtenis sal in ere op 15 Junie herstel word. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button