Albert en Griet deel iets van familiegeskiedenis

Die Channons is beter in onderwyskringe bekend met haar man, Albert, wat in 1999 hoof by Laerskool Kalie de Haas geword het en Griet, wat in 1985 onderwys begin gee het.

Me. Griet Channon het eintlik nie genoeg tyd om haar versamelaarsinstinkte en liefde vir oudhede tot sy volle reg te laat kom nie, want die Channons se melkondermeming het tydens ‘n onderhoud met die koerant eerste aan die beurt gekom.

Die erf by die kruising van Von Backströmstraatstraat en Walter Susulurylaan, langs hul huis, was eens die perseel waar Channon Melkery besigheid gedoen het.

Die perseel is omskep in woonstelle wat destyds die koeistal was, asook ‘n stoorkamer en die vertrek waarin die werkers gebly het, wat reeds om 3vm melk begin aflewer het.

Nadat die vier kinders uit die huis uit was, is die swembad agter in die Channons se erf toegemaak en omskep met vetplantjies, tussen klippies, wat Griet oral en nog wat opgetel het.

Die Channons is beter in onderwyskringe bekend met haar man, Albert, wat in 1999 hoof by Laerskool Kalie de Haas geword het en Griet, wat in 1985 onderwys begin gee het.

Geeneen van die vier kinders, Arthur, Hans, Albert of Marelize, het ‘n onderwysloopbaan gekies nie.

“Ons het mekaar vyf weke geken, toe raak ons verloof,” het sy laat blyk.

Die egpaar het in 1972 op Koppies in die Vrystaat in die huwelik getree.

Binne in die huis het die basterworsie, Bobby, en miniatuurpinscher, Buddy, die koerant verwelkom, maar is later ferm na buite gebring.

Albert het spontaan tot die gesprek toegetree en Griet het met Boeregasvryheid in die kombuis werskaf om drink- en eetgoed eetkamertafel toe te bring.

Albert en Griet Channon vier vanjaar hulle 47ste huweliksherdenking.

‘n Houtyskas wat se werking verduidelik is deur Albert, ‘n draaitafel om daardie ‘seven singles’ en langspeelplate op te speel, tot by die melkbottels, wat op die eetkamertafel uitgestal is, is opgemerk.

Ook is die houtgietvorm waarmee botter gemaak is, onder oë gekry, kompleet met die spaantjie.

‘n Koffiekonfoor vir die boeretroos is in die hoek staangemaak.

Voordat Suid-Afrika na die desimale stelsel oorgeskakel het, is die melk en vrugtesap in kwarte afgelewer, eers met ‘n kartonproppie en later met ‘n foelieproppie en daar word nou van die 40’er jare gepraat.

Werkers het destyds in’n rottangmandjie, gemonteer op ‘n fiets, van huis tot huis gery.

Familiegeskiedenis het daarna aan die beurt gekom.

Albert se oupa, die Ier, Albert William, het na Suid-Afrika gekom om te veg in die Anglo-Boereoorlog en daarna besluit om in Suid-Afrika te bly.

Oupa se portret hang fier en regop in die ingangsportaal met die kenmerkende rooi uniform aan.

Albert se pa, wat met ‘n nooi Van Rensburg getroud is, het die grond van sy pa gekoop en laasgenoemde is die jaar oorlede wat Albert gebore is.

Griet se skoonfamilie was 13 kinders ryk met skoonpa wat die derdejongste was.

Daar was ook tyd om staaltjies van Albert se loopbaan by Hoërskool Standerton as 23-jarige onderwyser te vertel en te wonder wat het van die of daai geword.

Die Channons vier vanjaar hulle 47ste huweliksherdenking en tussen Albert se byeboerdery en Griet met haar groen vingers en kunssinnigheid, sal daar nie ‘n oomblik se stilsit wees nie.

Die ou melkbottels wat op doe eetkamertafel staangemaak is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version