Local newsNews

Onbewoonde huis in Smutsstraat slaan aan die brand

Voorts kan die oorsaak van die brand nie weens ’n elektriese fout wees nie omdat die elektrisiteitstoevoer by die kragpaal reeds afgesit is.

‘n Huis in Smutsstraat in Meyerville het vroegoggend van Vrydag 7 Junie aan die brand geslaan.

Sekere gedeeltes buite dié huis, wat reeds onder vandale deurgeloop het, was steeds smeulend om 8.10vm toe die Standerton Advertiser opgedaag het.

Volgens mnr. John Kock, Hoof van die Standerton Brandweer, wat op die toneel was, is hy 7.30vm in kennis gestel, hoewel die buurman, mnr. Tobie Joubert se seun, Jacques, gesê het dat die brandweer ‘n uur vroeër geskakel is.

Mnr. Joubert (jr.) het sy gebruiklike koffie by sy pa kom drink.

Hy het gesê dat hulle met Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) in verbinding getree het toe die brandweer nie opgedaag het nie.

Tuinslange is ingespan om te keer dat die brand na die naburige erf versprei.

“Die pype en skakelaars is lankal uit die huis gesteel,” het mnr. Joubert gesê.

Volgens hom, is dié spesifieke straat ‘n teiken vir booswigte en inbraakpogings met drie jong mans wat die vorige aand gesien is, terwyl hulle meubels in die huis rondgeskuif het.

Voorts kan die oorsaak van die brand nie weens ‘n elektriese fout wees nie omdat die elektrisiteitstoevoer by die kragpaal reeds afgesit is.

Mnr. Kock het gesê dat hulle probeer het om met die eienaar in verbinding te tree, maar kon hom nie in die hande kry nie.

“Dit is sleg vir die eienaar, maar nie meer ‘n wegkruipplek vir skelms nie,” het mnr. Joubert bygevoeg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button