NUUSFLITS – Boer se lyk op plaas buite Sheepmoor gevind

’n Soektog was deur verskeie polisie eenhede en boere van die omgewing geloods.

Mnr. Moolman Meyer, ’n 67-jarige boer van die Sheepmoor gebied, se lyk is op 12 Junie, tussen 10vm en 11vm op sy plaas, Waaihoek, gevind.

Sy lyk is in ’n plantasie naby sy plaashuis, na ’n soektog deur die polisie en boere van die omgewing, gevind.

Een van mnr. Meyer se vriende het hom op 11 Junie by die Sheepmoor Polisie as vermis aangemeld.

Volgens kapt. Thembelihle Mshayisa, woordvoerder van die Sheepmoor Polisie, word ’n saak van moord ondersoek.

Die Hoëvelder sal lesers op hoogte hou sodra meer inligting beskikbaar is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Exit mobile version