Local newsNews

Davieshof-inwoners hou algemene jaarvergadeirng en kies nuwe direksie

Jackie van Dyk bedank Davieshof-inwoners vir sy jaar op direksie

SECUNDA – Inwoners en die bestuur van Davieshof Dienssentrum, het op Saterdag, 18 Mei, hul algemene jaarvergadering gehad en ‘n nuwe direksie vir die dienssentrum gekies.

Past. Jackie van Dyk, wat die afgelope jaar die voorsitter van die direksie was, het die vergadering geopen.

Hy het gesê die direksie se taak is nie om die woonstelblok en gebou wat aan Govan Mbeki Munisipaliteit behoort, oor te bou nie, maar die direksie sal help waar hulle kan.

Inwoners het die geleentheid gehad om nuwe lede asook ‘n inwoners-teenwoordiger te nomineer.

Die nuwe direksie bestaan uit ds. Hannes Reinecke, mnre. Louis Schoeman en Jan du Plessis, me. Santie Schoeman en me. Estelle Hyland as die inwoners-verteenwoordiger.

Past. Van Dyk het die nuwe direksie voorspoed en sterkte toegewens en almal bedank vir die jaar wat hy op die direksie kon dien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button