Bloeddienste benodig gemeenskapshulp

Volgens me. Dot Prinsloo, is die SANBS se doelwit dat 50 donateurs kom bloed skenk.

Laerskool Kalie de Haas het die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) vir ’n dag aangeneem en ’n beroep op onderwysers, familie, vriende, ouers en die gemeenskap gedoen om die dag te ondersteun.

’n Bloedskenkkliniek sal op 3 Junie tussen 12nm en 3nm gehou word.

Pasiënte, wat bloed of bloedprodukte daagliks benodig, kan daarmee gehelp word.

Volgens me. Dot Prinsloo, is die SANBS se doelwit dat 50 donateurs kom bloed skenk.

Teksa Bloeddiens benodig daagliks 80 tot 100 eenhede bloed.

Mense wat bloed ontvang sluit in kankerpasiënte, kindergeboorte – en ginekologiese pasiënte, traumagevalle en mense wat heupvervangings- of rugoperasies ondergaan.

Die SANBS het die skool bedank vir hulle gasvryheid en bereidwilligheid om die gemeenskap te help.

 

Exit mobile version