CrimeNews

Plaaslike besigheid loop deur onder gewapende rowers

Sy het bygevoeg dat een van die verdagtes ’n vuurwapen op die klaer gerig en beveel om kontant aan hulle te oorhandig.

Ermelo Polisie ondersoek ’n klag van gewapende roof nadat Ermelo Fish & Chips op 23 Mei geroof is.

Kapt Carla Prinsloo, woordvoeder van Ermelo Polisie, het gesê : “Drie mans het om ongeveer 5nm die winkel binne gegaan, waarna een voorgegee het dat hy iets wil koop.”

Sy het bygevoeg dat een van die verdagtes ’n vuurwapen op die klaer gerig en beveel om kontant aan hulle te oorhandig.

Die verdagtes het met kontant, ’n selfoon en sigarette gevlug.

Ermelo Polisie moedig enige iemand met inligting wat die polisie kan help met die ondersoek om hulle te skakel by 017 819 2321 of  by 082 373 8389.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button