Local newsNews

Meyerville inwoners blus vuur met emmers water

Volgens haar, het die brandweer nadat hulle opgedaag het, gesê dat dit lyk of alles onder beheer was.

Kinders van ‘n gesin in Landaustraat in Meyerville het op 13 Mei omstreeks 6nm ‘n nagmerrie-ondervinding gehad toe ‘n vuur in ‘n aangrensende erf as’t ware oor die muur gespring het.

“Hulle was angsbevange,” het me. Veronica Myburgh gesê.

Haar verloofde was ten tye van die uitbreek van die brand by sy werk op Platrand, en sy het dadelik in verbinding getree met Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) se WhatsApp-groep, wat die Standerton Brandweer in kennis gestel het.

Me. Myburgh se allesoorheersende vrees was dat die bome teen die muur sou vlamvat, wat wel gebeur het.

Vriende het kom hand bysit en emmers en potte water is gebruik om die brand te blus, omdat die kraan en tuinslang nie ver genoeg sou kon beweeg om doeltreffend te wees nie.

Volgens haar, het die brandweer nadat hulle opgedaag het, gesê dat dit lyk of alles onder beheer was.

Die brandweerwaens het weggery juis op die tydstip dat die vuur na hulle erf versprei het.

Die brand is uiteindelik onder beheer gebring.

Die Standerton Advertiser het op 14 Mei probeer om met die Hoofstasiebevelvoerder van die brandweer, mnr. John Kock, in aanraking te kom op sowel die landlyn- as selfoonnommer en het onverrigter sake ‘n boodskap gelos.

Mnr. Kock het op 15 Mei gesê dat daar volgens die inligting tot sy beskikking, ‘n woordewisseling was tussen ‘n man, wat klaarblyklik gekruide taal gebruik het, en die brandweermanne.

“Die brandweer het tans een brandweerwa tot ons beskikking omdat die ander twee bakkies in is vir herstelwerk.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button