Skotse Macnab kry behoorlik ‘n Suid-Afrikaanse kleur

Deelnemers het die Vrydagmiddag spangees gebou met ghong- en kleiduifskiet voordat die volgende dag se afdelings in alle erns aangepak is.

‘n Trotse Skotse tradisie, ‘Macnab’, het ‘n Suid-Afrikaanse kleurtjie gekry toe 70 deelnemers van regoor die land onlangs by Henbase Lodge op Morgenzon meegedoen het aan die aktiwiteite.

Die Skotse uitdaging dateer vanuit die 1925-boek John Macnab van John Buchan wat in die Skotse Hooglande afspeel.

Altesaam 15 spanne van drie deelnemers elk het op eie bodem oor twee dae hulle vaardighede geslyp in die skiet van ‘n voël en bok, sowel as geelvisvlieghengel.

Volgens mnr. Johan Claassen van Henbase Lodge, het almal dit baie geniet.

Deelnemers het van sover as Tzaneen opgedaag en die Oos-Kaap, terwyl Standerton en Ermelo ook verteenwoordig was.

Die tegniese aspekte verbonde aan die aktiwiteite is van so ‘n aard dat by die voëlafdeling slegs watervoëls soos kolganse, fisante, tarentale en posduiwe in die visier gestel kan word, wat duidelik beskermende spesies uitsluit, terwyl by die bokafdeling ‘n skut tussen ‘n ram en ooi moes kan identiseer en bokhoringlengte belangrik is.

Deelnemers het die Vrydagmiddag spangees gebou met ghong- en kleiduifskiet voordat die volgende dag se afdelings in alle erns aangepak is.

‘n Prysuitdeling is ook die Saterdagaand gehou. “Ons is byna volbespreek vir volgende jaar,” mnr. Claassen mee afgesluit.

Die drie uitblinkers by die jaarlikse Macnab wat op Standerton gehou is
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version