Local newsNews

OPVOLG – Fisio beïndruk met Suné se vordering na sy in stroper se rollers beland het

Me. Sinclair het ernstige wonde op haar bene opgedoen en is tans in New Castle in die hospitaal.

OPVOLG: 19 Mei – 8.45nm 

Me. Suné Sinclair het na haar fratsongeluk, waar sy in ’n stroper se rollers beland het, ’n operasie in die Medi Clinic in Newcastle ondergaan om haar wonde te heg.

Volgens haar ma, me. Amanda Sinclair is die dokters baie tevrede met die verloop van dié operasie.

CT-skanderings is gedoen om die aard van haar nek- en rugbesering te bepaal, maar het getoon dat daar geen probleme is nie.

Sy het bygevoeg dat haar dogter vir sowat ’n jaar fisio-behandeling sal ondergaan, voordat sy volgens die dokters weer normaal sal kan loop.

Me. Sinclair het reeds twee fisio-sessies agter die rug en die fisioterrapeut is baie beïndruk met haar vinnige vordering.

“Sy is baie positief en sê ook dat alles met ’n rede gebeur,” het me. Sinclair gesê

Sy het bygevoeg dat haar ongeluk nie net vir haar was om te besef dat God ’n werklikheid is en by haar was tydens die ongeluk nie, maar ook vir elkeen wat van haar ongeluk lees en te hore gekom het.


17 May – 20.35nm

Me. Suné Sinclair (19) het op Donderdag, 16 Mei ernstige beserings opgedoen, nadat sy in ’n stroper se rollers beland het.

Die fratsongeluk het op ’n plaas, sowat 20km buite Ermelo, op die Breyten-pad plaasgevind.

Volgens haar ma, me. Amanda Sinclair, het sy haar vriend, mnr. Dawie Swanepoel gehelp om sojabone te stroop.

Sy het vertel dat na wat verneem word, haar dogter die windskerm van die stroper wou skoonmaak toe sy haar balans verloor en tussen die rollers beland het.

Me. Sinclair het ernstige wonde aan haar bene opgedoen en is tans in Newcastle in die hospitaal.

“Ons glo die vinnige optrede van Dawie Swanepoel, Hannes Nagel van ER24 asook al die ander wat betrokke was, is die rede dat Suné nog leef,” het me. Amanda Sinclair gesê.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder Koerant.

Me. Sinclair het ernstige wonde op haar bene opgedoen en is tans in New Castle in die hospitaal.

 

Related Articles

Back to top button