NewsSchools

Pieter en Andrea as Mnr. en Mej. SHS aangekondig

Een van die items wat byval gevind het, was toe die ligte afgeskakel is en Mango Groove se ‘Special Star’ die jeans -en t-hemde-brigade entoesiasties laat meedoen het.

Hoërskool Standerton het op Donderdag 2 Mei hul Mnr. en Mej. SHS aangebied met spanning wat opgelaai het voor die aankondiging dat Pieter du Preez en Andrea Taljaard die eer te beurt geval het.

Die groep Wolwedans het vir die vermaak gesorg en die vyf beoordelaars wat digby die loopplank gesit het, moes hul storie ken om wenners uit die 30 deelnemers in die verskillende afdelings aan te wys.

Me. Mariëtte Koen, onderwyser, het die verwelkoming behartig en klem op elke mens se spesiale talente gelê.

Die saal was versier en ‘n geel vliegtuig op die verhoog het ingepas by die ‘Around the World’-tema waar die leerders verskillende lande, insluitend Suid-Afrika, verteenwoordig het.

Een van die items wat byval gevind het, was toe die ligte afgeskakel is en Mango Groove se ‘Special Star’ die jeans -en t-hemde-brigade entoesiasties laat meedoen het.

Uiteindelik na ‘n kort pouse, het die groot oomblik aangebreek.

Wolwedans het aan elke finalis, nadat vir oulaas op die loopplank geloop is, ‘n vraag gevra wat meeste met gemak kon hanteer.

‘n Paar onderwysers was ook nie links nie en het ook op die loopplank gedans wat tot die atmosfeer bygedra het.

Jusrah Carrim het die ‘Viewer’s Choice’-prys in ontvangs geneem, terwyl Abraham Foley as Mnr. Fotogenies en Tia Strydom as Mej. Fotogenies aangewys is.

Jean van den Berg het met die louere as Mnr. Persoonlikheid weggestap en sy vroulike eweknie was Andrea Taljaard.

Abraham Foley en Wiehan van der Merwe is onderskeidelik as tweede en eerste prins aangekondig en Nosipho Dhlangala en Jusrah Carrim was die vroulike wenners.

SHS het hul hoofborg, Mica, sowel as al die ander borge bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button