CrimeNews

Prokureur en 11 ander verdagtes deur veediefstaleenheid van Middelburg en ACSU vasgetrek

Volgens Brig. Leonard Hlathi, het lede van die veediefstaleenheid in Middelburg, met die hulp van ACSU op Ermelo, ’n operasie gereël om die diewe te betrap, nadat hulle te hore gekom het van die beplande diefstal.

’n 32-Jarige man, wat vermoedelik ’n prokureur van Pretoria is, tesame met 11 ander verdagtes, is op Dinsdag 7 Mei, in die Breyten-omgewing op aanklag van veediefstal in hegtenis geneem.

Volgens brig. Leonard Hlathi, het lede van die veediefstaleenheid in Middelburg, met die hulp van ACSU op Ermelo, ’n operasie gereël om die diewe te betrap, nadat hulle van die beplande diefstal te hore gekom het.

“Die lede het op twee vragmotors wat vol vee gelaai is afgekom, asook ’n derde vragmotor wat die verdagtes besig was om vee in te laai,” het brig. Hlathi gesê.

Hy het bygevoeg dat twee mans en ’n vrou wat tydens die diefstal na die vee omgesien het, deur die verdagtes aangeval is.

Hulle hande en voete is vasgebind, terwyl die verdagtes die vee gesteel het.

Al die verdagtes is tussen die ouderdom van 34 en 53 jaar en het op Donderdag, 9 Mei in Ermelo Streekhof op die aanklag van veediefstal en die besit van gesteelde goedere verskyn.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button