Local newsNews

Vroue Landbou-unie se Kaalspruit-tak leer van waterverf

Me. De Kock, lid van die Grootvlei-tak is by die afgelope kongres in Melbourne, Australië tot president van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) verkies en me. Grobler van Middelburg tot areapresident van die WBPV se Suidelike Afrika Streek.

Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Kaalspruit-tak het op 16 April vergader en lede is touwys oor die skone kunste gemaak.

Taklede het selfgemaakte maskers vir ‘n deelnamepunt gedra.

Me. Elmarie Robin het demonstreer hoe om ‘n waterverfskildery van ‘n sonsondergang te maak.

Haar aanwysings het die belangrikheid van ‘n goeie foto van die onderwerp ingesluit, wat as riglyn gebruik word sowel as die gebruik van goeie papier, spesiaal vir waterverf.

Sy het sagte kwassies as ideaal beskryf en daar kan op twee maniere te werk gegaan word, óf nat op nat óf droog.

Nat op nat behels dat die papier waarop geskilder word, natgespuit word en die kwas is ook redelik nat, wat die verf ineen laat vloei.

‘n Mens begin altyd met die ligste kleur op die prent en werk dan al hoe donkerder.

Wanneer die papier droog is, word met ‘n baie dun kwassie en min water geverf, met motiewe wat meer gedefinieerd moet wees en kleure wat nie vloei nie.

Skaduwees en silhouette word eerder met ‘n mengsel van bruin en blou en selfs bietjie rooi geverf.

Dit gee meer variasie en interessantheid in teenstelling met swart wat doods vertoon.

Me. Margeret Tonkin het haar 40 jaar-lidmaatskapborsspeld in ontvangs geneem wat sy nie verlede jaar kon kry nie omdat sy in die buiteland was.

Die tak is regmatig trots op me. Magdie de Kock en me. Anphia Grobler se prestasies.

Me. De Kock, lid van die Grootvlei-tak is by die afgelope kongres in Melbourne, Australië tot president van die Wêreldbond van Plattelandse Vroue (WBPV) verkies en me. Grobler van Middelburg tot areapresident van die WBPV se Suidelike Afrika Streek.

Inligting: Marietjie Swart, skakelbeampte, Kaalspruit-tak.

Me. Elmarie Robin demonstreer op 16 April die tegnieke verbonde aan ‘n waterverfskildery. (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button