MunicipalNews

AfriForum dra water aan vir Kosmospark-gemeenskap in Standerton

“Dit is ’n eer om die gemeenskap met sulke klein dade te kan ondersteun,” het mnr. Pieter Botha, takvoorsitter, gesê.

AfriForum se Standerton-tak het onlangs water aan die Kosmospark-gemeenskap verskaf nadat daar vir meer as ‘n week geen watertoevoer beskikbaar was nie.

Standerton Oasis het 50 vyf-liter waterbottels geborg waarmee lede 250 liter skoon water vir die gemeenskap kon aflaai.

Taklede het nog byna 3 000 liter water uit hul huise in kleiner kanne getap en vir huishoudelike gebruik aan die gemeenskap verskaf.

Water is onder meer by Buffalostraat, Steenboksingel, Bonteboksingel, Wildebeessingel, Zebrasingel, Duikersingel, Dakotalaan en die Spritfire- en Meteorstegies by die Giant Kafee uitgedeel.

“Dit is ‘n eer om die gemeenskap met sulke klein dade te kan ondersteun,” het mnr. Pieter Botha, takvoorsitter, gesê.

“Ons versoek die gemeenskap om aktief by die tak betrokke te raak omdat gewillige hande en ondersteuning sulke bydraes moontlik maak.”

Met water wat ‘n noodsaaklike basiese behoefte is, is watervermorsing opgemerk.

‘n Oplettende inwoner het verlede week die Standerton Advertiser bedag gemaak op skoon water wat naby die Waterfront uit ‘n lekkende pyp spuit.

Volgens haar, is dit al ‘n geruime tyd die geval. Die koerant sal albei gevalle opvolg en lesers op hoogte hou.

’n Onlangse toneel met emmers wat gereedstaan in Kosmospark. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button