Hoëveld Fotografieklub wys beste fotograwe vir die maand aan
Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms by te woon
Dr. Leon Pelser se foto," Motgevreet", was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms op Vrydag, 5 April.
SECUNDA – Dr. Leon Pelser se foto, “Motgevreet”, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se maandelikse byeenkoms op Vrydagaand, 5 April by die Sasol Ontspanningsklub.
Die ander fotograwe wat goed gevaar het, is me. Sussa Pelser onder die junior fotograwe met haar foto “Let’s Dance” en mnr. Pierre Jordaan onder die senior fotograwe met sy foto “Luiperd in Nag”.
Die fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Barbara Mitton met “Men at Work”, mnr. Danie Smit met “Blouberg Sononder”, mnr. Hanno de
Beer met “Before the Sun Rises at Morrispunt”, mnr. Jan Ferreira met “Kwikstertjie”, en dr. Pelser met “Abstract Dragon Fly”.
Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydag, 10 Mei om 6nm vir 6.30nm by Scrum Inn by die Sasol Ontspanningsklub.
Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.