Ermelo Radio Flyers hou toeskouers vasgenael met skitterende vertonings

’n “Drone” is Saterdag uitgeloot wat deur Henry Molentze van Piet Retief gewen is.

Die Ermelo Radio Flyers klub het op Saterdag, 30 Maart, ‘n lugskou by die klub op die Amersfoortpad aangebied.

Toeskouers het hulle verkyk aan lugvertonings wat deur die lede aangebied is.

Die klub het ook die kinders van die plaaslike kinderhuis genooi om die dag saam met hulle te spandeer.

Die stalletjies en springkasteel het ure se plesier aan die kinders verskaf.

Van die modelvliegtuie wat gevlieg is tydens die Ermelo Radio Flyers klub se lugskou wat op Saterdag, 30 Maart plaasgevind het.

Die klub het aan elke kind ‘n windvliegtuig gegee wat hulle baie geniet het.

Hulle was ook met worsrolle, koeldrank en lekkergoedpakkies bederf.

‘n “Drone” is Saterdag uitgeloot wat deur mnr. Henry Molentze van Piet Retief gewen is.

Vir enige navrae kan Marius Botes geskakel word by 063 092 4313.

Lede van die Ermelo Radio Flyers klub geniet die kans om ‘n vertoning te lewer aan elke toeskouer wat die dag saam met hulle meegebring het.
Van die modelvliegtuie wat gevlieg is tydens die Ermelo Radio Flyers klub se lugskou wat op Saterdag, 30 Maart plaasgevind het.
Mnr. Marius Botes oorhandig die “drone” aan die wenner van die lootjies, mnr. Henry Molentze van Piet Retief. (Foto: Verskaf)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version