MunicipalNews

Secunda inwoners wonder wanneer gaan munisipaliteit takke verwyder

Inwoners kan nie takke verwyder sonder bakkies of sleepwaens nie

SECUNDA – Inwoners van Uitbreiding 22 in Secunda is kwaad omdat die Govan Mbeki Munisipaliteit bome in dié woongebied gesny het en dit so gelos het vir die inwoners om self te verwyder.

“Nie almal van ons het bakkies of sleepwaentjies waarmee ons die takke kan wegry nie. Nou lê dit die hele sypaadjie vol,” het ‘n inwoner gesê.

Dié takke lê al sowat twee weke op die sypaadjies in Uitbreiding 22.

Die Echo het die hoof van personeel by die munisipaliteit, mnr. Benzi Soko, op Maandag, 18 Maart om kommentaar genader, maar hy het teen druktyd nog nie gereageer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button