Local newsNews

Laerskool Secunda wen prys vir beste waterpunt

Hulle is as die beste waterpunt in die 42.2km wedloop, en die 10km wedloop aangewys.

SECUNDA – Laerskool Secunda het vir die derde agtereenvolgende jaar die prys vir die beste waterpunt by die PWC Kosmos 3-in-1 wedloop, gewen.

Hulle is as die beste waterpunt in die 42.2km wedloop, en die 10km wedloop aangewys.

Hulle het ook die tweede beste waterpunt in die 21.1km wedloop verower.

Dié pryse het hulle ’n algehele eerste plek besorg.

Laerskool Secunda se bestuur en beheerliggaam het almal wat gehelp het by die waterpunt bedank, asook hul trompoppies en Hoërskool Oosterland se orkes.

Hiér is van die ouers, leerders en helpers van die waterpunt met die prys.

Laerskool Secunda se tema vir die waterpunt was “Nerdville”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button