Local newsNews

Alna Kapp hou paspoort gereed vir Melbourne

Haar joppie op die oomblik is om almal in die streek gemotiveerd te hou en daar word gepoog om sinvolheid by elke vergadering deur werkswinkels en demonstrasies te bewerkstellig.

Me. Alna Kapp, voorsitter van die Tambuki-streek van die Vroue Landbou-unie (VLU), sal op 28 Maart met ’n SAL-vlug na Doer Onder vertrek.

Alna en me. Cindy Coetzee, president van die VLU in Mpumalanga, het juis dié lugredery gekies om ’n direkte vlug na Perth, Australië te hê.

“Ek vlieg trots Suid-Afrikaans,” het Alna gesê.

Vandaar sal Melbourne hulle bestemming wees vir die driejaarlikse konfrensie van die ‘Associated Country Women of the World’ (ACWW).

Dié oorkoepelende organisasie, wat geaffilieer is by die Verenigde Nasies, sal 700 vroue van 73 lande dié geleentheid gee om na sprekers te luister wat oor aktuele onderwerpe sal praat.

“Wat aktueel in ons land is, is aktueel wêreldwyd,” het sy ook gesê.

 

Lees die volledige berig in die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button