Local newsNews

Ermelo SAVF-tehuis bedank borge wat bygedra het tot die opknapwerk van die gange

Daar is nog gange wat oorgedoen moet word en die personeel wil ook al die kamers in die tehuis oordoen.

Ermelo SAVF-tehuis het op Vrydag, 1 Maart al hulle borge bedank wat met die onlangse herstelwerk in die tehuis bygedra het.

‘n Groep vrywilligers het ingespring en van die gange en ander vertrekke in die tehuis oorgedoen.

Dit vorm deel van die projek wat die bestuur aangepak het om die hele tehuis te restoureer.

“Hiervoor het ons egter nog baie borge en vrywilligers nodig om ons te help om die tehuis spoggerig te maak,” het me. Annelize Maré gesê.

Die bestuur en borge het die gange Vrydag amptelik geopen. Me. Maré het alle borge bedank vir hulle skenkings en werk wat gedoen is.

Daar is nog gange wat oorgedoen moet word en die personeel wil ook al die kamers in die tehuis restoureer.

‘n Sekuriteitshuis vorm ook deel van die beplanning.

Ondersteun die SAVF-tehuis se vars produkte mark by die Hoëveld Landbou skou.

Me. Annelize Maré saam met een van die inwoners van die SAVF-tehuis in een van die vele kamers wat hulle wil restoureer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button