Local newsNews

Ermelo Fotoklub geniet Bernie van der Vyver as spreker vir die maandbyeenkoms

Ermelo Fotoklub het op Vrydag, 1 Maart tydens hulle maandvergadering, mnr. Bernie van der Vyver, fotograaf en kunstenaar van Bethal as spreker gehad. Hy het hom daarop gefokus om sy kennis en raad met die beginner-fotograwe te deel.

Ermelo Fotoklub het op Vrydag, 1 Maart tydens hulle maandvergadering, mnr. Bernie van der Vyver, fotograaf en kunstenaar van Bethal as spreker gehad.

Hy het hom daarop gefokus om sy kennis en raad met die beginner-fotograwe te deel.

Die boodskap wat hy oorgedra het was oor die belangrike rol wat lig in enige foto speel beklemtoon en hoe om lig te gebruik gehandel.

Lede van die klub kry elke maand die geleentheid om foto’s in hulle kategorië asook in die vasgestelde onderwerp in te skryf.

Die foto’s wat ingeskryf is vir Maart is deur mnr. van der Vyver beoordeel om die wenners aan te wys.

Hy het met elke foto goeie komentaar aan die fotograwe gegee.

Gert Kotze met “My kos” is as die junior-wenner aangewys en Leon Drotsky is met sy foto “A walk on the beach” as die senior-wenner aangewys.

Die vasgestelde maandonderwerp was biltong.

Jacques Kruger is met sy foto “Pretty please” as die junior-wenner aangewys en Rosa van Schalkwyk met “Watertand lekker biltong” is as die senior-wenner aangewys.

Die volgende maandvergadering van Ermelo Fotoklub is op Vrydagaand, 5 April om 7nm by die N.G. Kerk De Bruinpark.

Gert Kotze se foto “My kos” is as die junior-wenner tydens Ermelo Fotoklub se maandelikse vergadering aangewys.
Jacques Kruger se foto “Pretty please” as die junior-wenner in die vasgestelde maandonderwerp aangewys. (Foto: Jacques Kruger)
Leon Drotsky se foto “A walk on the beach” is as die senior-wenner aangewys.
Rosa van Schalkwyk met “Watertand lekker biltong” is as die senior-wenner in die vasgestelde maandonderwerp aangewys. (Foto: Rosa van Schalkwyk)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button