CrimeNews

Bethal landdroshof trek moordsaak teen Bethaller terug na oupa se skietdood

Bethal Polisie ondersoek nog moordsaak teen Frans Jacobus Lotz

BETHAL – Die moordsaak teen mnr. Frans Jacobus Lotz, wat in 2017 in verband met die moord op sy oupa, mnr. Dirk Swart, in hegtenis geneem is, is teruggetrek vir verdere ondersoek.

Mnr. Lotz het Maandag, 25 Februarie in die landdroshof op Bethal verskyn.

Hy het na bewering sy oupa op 17 Junie 2017 tydens ‘n rusie tussen mnr. Swart en sy vrou, me. Helene Swart, ingetree en sy oupa is in die kop geskiet.

Die Ridge Times het destyds berig dat me. Swart dieselfde aand na die Mediclinic Highveld gehaas is en vir skok behandel is.

Sy het by haar seun, mnr. Dirk Swart (jnr), aangesterk. Mnr. Lotz is kort na die voorval in hegtenis geneem en is destyds op borgtog van R2 500 vrygelaat in sy pa se sorg.

Hy het ten tyde van sy oupa se dood, by hulle gebly.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/ridge-times/90976/64-jarige-bethaller-sterf-skietvoorval/

Vorige artikels:

Kleinseun (19) kry borg na oupa se skietdood in Bethal

Bethaller in sy huis doodgeskiet

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button