Local newsNews

House of Mercy in Secunda se koffers versterk met tee-oggend

Hoewel daar na House of Mercy as ’n hospice verwys word, word nie net terminaal-siek pasiënte hier versorg nie, maar ook siek mense en diegene wat na ’n operasie moett aansterk en tuisversorging benodig

SECUNDA – Laat vaar jou ashoopbagasie om ten volle heel te word, het ‘n saal vol vroue gehoor op ‘n vroue-oggend wat ten bate van House of Mercy hospice op Saterdag, 23 Februarie aangebied is.

Me. Dalene Genis van Sieraad vir As-bedieninge was die gaspreker op dié geleenheid wat by die NG Kerk Goedehoop gehou is.

Sy het haar praatjie met die liedjie “Die Lappop” afgeskop en het die vroue aangemoedig om by die koorgedeeltes saam te sing.

Hierna het sy haar lewensverhaal met die vroue gedeel.

Me. Genis het vertel hoe geborge haar ouerhuis was voor haar pa se dood en hoe dit verander het.

Sy het gebieg oor haar verkeerde keuses, hoe sy as stukkende vrou gesukkel het om haar kinders by te staan, en oor huweliksprobleme.

Sy het ook getuig oor God se goedheid en guns, en die wonderwerke in haar lewe.

Me. Genis het elke item op die ashoop in die die liedjie van die lappop ontleed en vertel hoe elkeen kan verander en hoe vroue hul seerkry kan oorkom.

Die geleentheid is aangebied om geld vir House of Mercy, ‘n versorgingsentrum wat in Secunda geopen is, in te samel.

Geld word benodig vir aanbouings sodat meer mense daar gehuisves kan word.

Hoewel daar na House of Mercy as ‘n hospice verwys word, word nie net terminaal-siek pasiënte hier versorg nie, maar ook siek mense en diegene wat na ‘n operasie moet aansterk en tuisversorging benodig.

Hulle is veral op bejaardes toegespits.

Die geleentheid het R10 500 vir House of Mercy ingebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button