Cameron is ‘n bielie van ‘n baba

Baba trek skaal op 5,52kg

SECUNDA – Cameron is ‘n groot bondeltjie liefde vir sy ouers mnr. Gerhard en me. Ilse Vermaak van Secunda – sommer ‘n baie groot bondeltjie.

Dié klein bielie het met sy geboorte verlede Donderdag, 21 Februarie, die skaal van die Ermelo Hospitaal se kraamsaal op ‘n allermuntige 5,52kg getrek.

Sy pa reken egter die knapie is nie vet nie, net stewig en baie lank.

“Op 64cm lê hy bykans sy wiegie vol,” het mnr. Vermaak vertel.

Cameron is so effens groter as die 4kg-kleinding wat die egpaar verwag het, maar hulle is dankbaar hy en sy mamma is gesond.

“Hy is ons blessing,” het ‘n trotse mnr. Vermaak Vrydag vertel.

“Ons het ons vorige seuntjie weens komplikasies verloor, maar nou is ons dubbeld geseënd.”

Cameron het per keisersnit die wêreld ingekom en het vinnig van homself laat hoor.

“Ons is vol lof vir die goeie behandeling en diens wat Ilse en Cameron in die hospitaal ontvang het,” het mnr. Vermaak gesê.

Die egpaar se dogtertjie, Casey (2) was ook ‘n stewige 4.4kg met geboorte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version