WH Nel kan binnekort huis toe gaan na weke in rehabilitasiesentrum

Ondersteun WH Nel se gesin en woon pret-aand by Eish! by

Hoëveld – WH Nel, ‘n tienerseun van Kriel, vorder goed in ‘n rehabilitasiesentrum in Johannesburg nadat hy Vrydagaand, 4 Mei verlede jaar, in sy ouerhuis op Kriel sy eie lewe probeer neem het.

Sy ouers het op hom afgekom met ‘n skietwond aan sy kop.

WH is na Mediclinic Highveld gehaas hoewel die paramedici oppad soontoe gesê hy het slegs ‘n twee persent kans om die hospitaal lewend te haal.

WH het hulle egter verkeerd bewys en is later vanaf die Mediclinic Highveld oorgeplaas na ‘n hospitaal in Gauteng waar hy vir 18 weke in die intensiewe sorg-eenheid gelê het.

Hy is op Woensdag, 30 Januarie oorgeplaas na ‘n rehabilitasie-sentrum in Johannesburg.

WH se gesin kan nie wag dat hy op 22 Februarie ontslaan word nie.

“Ek mis my kind en wil hom so graag by die huis hê,” het sy ma, me. Annelie Nel, gesê.

As WH ontslaan word, gaan hy voltydse versorgers benodig, asook arbeidsterapie, fisioterapie en spraakterapie.

WH Nel drie dae voordat sy ouers hom met ’n skietwond aan sy kop gevind het.

Hy gaan buisvoeding moet ontvang, op doeke wees, en sy beddegoed gaan daagliks geruil moet word.

Hy moet ook daagliks met spesiale lyfroom gesmeer word omdat hy vir so lank bedlêend was.

Die mediese fonds dek nie al dié uitgawes nie dus het WH se naasbestaandes ‘n geldinsamelingsgeleentheid gereël om die gesin finansieël te ondersteun.

Verskeie sangers wat PJ Pretorius, Shoneill en Chantelle Pienaar insluit, tree op Saterdag, 6 April in Eish! Restaurant by Lake Umuzi Waterfront op.

Die toegangsgeld gaan aan WH se gesin geskenk word. Toegang beloop R100 per persoon en die geleentheid begin om 5nm.

Vir meer inligting of om ‘n kaartjie te bespreek, skakel 079 138 0076.

WH Nel in die hospitaal in Januarie. Hy is nou na ‘n rehabilitasie-sentrum in Johannesburg oorgeplaas.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version