Vroue Landbou-unie se Millenium-tak geniet werksklas in Polimerklei

Die lede was geklee in rooi om die maand van liefde te vier, terwyl hulle heerlike gemmerbier gemaak het.

Die Vroue Landbou-unie se Millenium-tak het Woensdag, 13 Februarie in die Ermelo Hoërskool Landbou Akademie-saal vergader.

Die lede was geklee in rooi om die maand van liefde te vier, terwyl hulle heerlike gemmerbier gemaak het. Me. Jeanne Vermeulen het ‘n werksklas in Polimerklei aangebied.

“Almal het dit terdeë geniet en ons is seker dat dit vir van die lede ‘n stokperdjie gaan word. Dankie Jeanne dat jy jou talente met ons gedeel het,” het die tak se skakelbeampte, me. Issie Venter gesê.

Die tak se volgende vergadering is Woensdag, 13 Maart weer by die Ermelo Hoërskool Landbou Akademie-saal.

Hulle nooi almal uit om saam te kom kuier en jou talente te kom ontdek en ontwikkel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version