Local newsNews

Shirley van House of Mercy Tehuis spreek vroue toe

Secunda VLU-tak vergader weer in Maart en belangstellendes is welkom

SECUNDA – Me. Shirley Coetzee en me. Ilse Cooper van ‘House of Mercy’-tehuis, het die VLU-vroue Woensdag, 6 Februarie toegespreek en meer van die tehuis vertel.

Die VLU het ‘n kookwaterkan, waspoeier en ander nodige items aan die tehuis geskenk.

Me. Coetzee is al vir 15 jaar betrokke by tuisversorging in die private sektor.

Sy het in 2017 ‘House of Mercy’-tehuis by haar huis gestig.

“Ons het die behoefte vir ‘n tehuis raakgesien omdat die naaste tehuis té ver is vir die families van siek of ouer persone. Families kan hul geliefdes in ons sorg laat en ons sal hulle met liefde en deernis versorg en hul naasbestaandes bystaan.”

‘House of Mercy’ het tans slegs vyf inwoners maar me. Coetzee en me. Cooper beplan om die tehuis uit te brei sodat hul 16 mense kan huisves.

Dié tehuis is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie en is van donasies afhanklik om aanbouings te doen om die perseel groter te maak.

Die toekomsplanne sluit in om met ondernemings hande te neem en in vennootskap te gaan deur uitstallings te hou vir bewusmaking.

Hul wil ook graag betrokke te raak by hospitale en klinieke sodat pasiënte na die tehuis verwys kan word.

‘House of Mercy’-tehuis se visie is om goeie en betroubare diens aan die gemeenskap te lewer.

Skakel me. Coetzee by 076 577 1165.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button