Local newsNews

Kinders is dankbaar dat hul ma 94 jaar oud is

House of Mercy-personeel vier verjaarsdag saam met Rina Jonker

SECUNDA – Me. Rina Jonker het op Donderdag, 31 Januarie haar 94ste verjaardag saam met haar kinders en ander bejaardes van House of Mercy Tehuis, gevier.

Sy is in 1925 op ‘n plaas genaamd Jacobasheuwel naby Viljoenskroon gebore, en het ook in dié omgewing grootgeword.

In haar jonger dae, het me. Jonker se hande vir niks verkeerd gestaan nie.

Sy was betrokke by die VLU en het graag naaldwerk gedoen, gebrei en gebak en brou.

Sy het van baadjies vir baba’s tot rokke gebrei.

Sy het saam haar man, mnr. Koos Jonker, op ‘n plaas naby Viljoenskroon, met hoenders, kalkoene en ganse geboer.

Mnr. Jonker het voltyds geboer en het selfs landerye gehad.

Sy was nog altyd lief vir die buitelewe en het op die plaas ‘n groot groentetuin gehad waarvan sy die groente naweke op die dorp verkoop het.

Me. Jonker was vir jare die voorsitter van die vrouevereniging en sy was veral betrokke by die welsynwerk.

Me. Jonker het vyf kinders, 13 kleinkinders en 20 agterkleinkinders.

Sy en mnr. Jonker het in 1989 afgetree en na Secunda verhuis waar hulle vir 26 jaar gewoon het.

Die Jonker-egpaar was vir 59 jaar getroud toe mnr. Jonker dood is en me. Jonker na ‘n ouetehuis op Bethal getrek het.

Haar kinders het besluit op House of Mercy omdat die tehuis nader is aan hulle wat ook op Secunda woon.

Me. Jonker se kinders het gesê hulle is dankbaar dat die Vader hul ma vir nog ‘n jaar gespaar het.

Hulle het die personeel by House of Mercy Tehuis bedank dat hul so mooi na me. Jonker omsien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button