Local newsNews

Ermeloërs wys ondersteuning vir Hoërskool Driehoek

Talle skole in die dorp het ook hulle meëgevoel met die skool en gemeenskap op sosiale media gedeel.

Ermeloërs wys hulle ondersteuning vir Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark na die onlangse skooltragedie.

Trapsoetjie Kleinskool se leerders het Maandagoggend, 4 Februarie ‘n gebedsdag by die skool gehou om die leerders, personeel en ouers van Hoërskool Driehoek op te dra in gebed.

“Ons gebede gaan uit aan elke persoon wat deur die tragedie geraak is en ons hou die ouers van die vier leerders wat oorlede is in ons gedagtes,” het me. Rozette Fourie van Trapsoetjie Kleinskool gesê.

Wesstraat Inn Gastehuis het die boom in die voorkant van die gastehuis versier met pers en geel lap en ballonne om hulle ondersteuning aan die Vanderbijlpark-gemeenskap te toon.

“Ons diepste meëgevoel en gebede gaan aan die jong kinders wat hulle lewens in die verskriklike tragedie verloor het,” het die personeel van die gastehuis gesê.

Talle skole in die dorp het ook hulle meëgevoel met die skool en gemeenskap op sosiale media gedeel.

Dit volg nadat ‘n loopvlak van een skoolgebou na ‘n ander Vrydag, 1 Februarie ineengestort het en die lewens van vier leerders geëis het en talle ander leerders ernstig beseer is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button