Hoërskool Ermelo beloon leerders tydens jaarlikse Akademiese Prysuitdeling

Dit is altyd ’n praggeleentheid waar die leerders die nodige erkenning ontvang vir hulle harde werk op akademiese vlak.

Hoërskool Ermelo het Maandag, 21 Januarie die jaarlikse Akademiese Prysuitdeling aangebied op grond van die akademiese prestasies wat behaal is deur die loop van 2018.

Die pryse wat toegeken is:

Jolindi Annandale (91 persent) het die Hoëveld Tribune Wisseltrofee vir beste prestasie in kuns en kultuur vir graad 9 ontvang.

Charis Brundyn het die ABSA Wisseltrofee vir beste prestasie in wiskunde (76 persent) en rekeningkunde (95 persent) vir graad 10 ontvang.

Nicole Venter het die IM Bekker Wisseltrofee vir beste prestasie in wiskunde (90 persent) ontvang.

Niël Pretorius het die Pfizer Wisseltrofee vir beste prestasie in landbouwetenskap (80 persent) vir graad11 ontvang.

Die Karisha Jordan-Boekprys vir beste sport- en akademieleerder van graad 8 tot 12 is aan Lana Herholdt toegeken.

Jané Willemse, Daniel van der Merwe, Hanné Swart, Clariz Olivier, Leané von Wielligh en Nicole Venter het elk ‘n EHS-medalje vir sewe of meer A-simbole behaal in graad 11 ontvang.

Die Dux-leerders vir die verskeie grade is:

Dirk Maritz en Danel Olivier (graad 8) met ‘n gemiddeld van 88.88 persent.
Anke de Kock (graad 9) met ‘n gemiddeld van 92.22 persent.
Charis Brundyn (graad 10) met ‘n gemiddeld van 88.9 persent.
Nicole Venter (graad 11) met ‘n gemiddeld van 89.77 persent.
EHS se Top Tien leerders is ook aangewys tydens die uitsonderlike geleentheid.

Die graad 8 se Top Tien leerders is (voor) Dirk Maritz, Danel Olivier, Elandri Swart, Lood Geldenhuys en Carla Ferreira. Agter is Jenna Oosthuizen, Sphesihle Maseko, Dewald Olivier, Ilandri Nel en Tobie Leibbrandt. (Foto: Verskaf)

Graad 8 se top 10 leerders is; Dirk Maritz en Danel Olivier deel die eerste plek (88.88 persent), Elandri Swart (88.11 persent), Lood Geldenhuys (88.09 persent), Carla Ferreira (87.91 persent), Jenna Oosthuizen (86.41 persent), Sphesihle Maseko (85.92 persent), Dewald Olivier (85.35 persent), Ilandri Nel (84.72 persent) en Tobie Leibbrandt (83.83 persent)

Die graad 9 se top 10 leerders is (voor) Anke de Kock, Lana Herholdt, Margha Greyling, Michaela van Rensburg en Jolindi Annandale. Agter is Chané Bester, GJ Swanepoel, Lolerei Güse en Chantelle Swart. (Foto: Verskaf)

Graad 9 se top 10 leerders is; Anke de Kock (92.22 persent), Lana Herholdt (91.53 persent), Margha Greyling (91 persent), Michaela van Rensburg (89.19 persent), Jolindi Annandale (84.21 persent), Chané Bester (83.44 persent), Timon Brundyn (82.09 persent), GJ Swanepoel (82.07 persent), Lolerei Güse (81.83 persent) en Chantelle Swart (81.06 persent).

Die graad 10 se Top Tien leerders is (voor) Charis Brundyn, Jana Nel, Alana Leibbrandt en Simoné Beyer. Agter is Presious Matshaya, André Strauss, Amy Greyling, Vosjan Grey en Charles Randell. (Foto: Verskaf)

Graad 10 se top 10 leerders is; Charis Brundyn (88.90 persent), Zara Büchling (84.90 persent), Jana Nel (81.23 persent), Alana Leibbrandt (80.16 persent), Simoné Beyer (78.28 persent), Presious Matshaya (76.70 persent), André Strauss (76.15 persent), Amy Greyling (75.02 persent), Vosjan Grey (72.17 persent) en Charles Randell (71.34 persent).

Die graad 11 se top 10 leerders is (voor) Nicole Venter, Daniel van der Merwe, Leané von Wielligh, Hanné Swart en Clariz Olivier. Agter is Jané Willemse, Yonette Fourie, Walter Visser, Marla Oosthuizen en Klarissa Joubert. (Foto: Verskaf)

Die graad 11 se top 10 leerders is; Nicole Venter (89.77 persent), Daniel van der Merwe (89.61 persent), Leané von Wielligh (88.94 persent), Hanné Swart (88.14 persent), Clariz Olivier (86.10 persent), Jané Willemse (85.93 persent), Yonette Fourie (84.16 persent), Walter Visser (83.97 persent), Marla Oosthuizen (83.83 persent) en Klarissa Joubert (83.69 persent).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version