Boer en Brit-dag op Val beloof pret en plesier

Stalletjies sal gereed vir besigheid wees en ’n straatoptog vind om 10vm plaas, waarna die prysuitdeling vir die besgeklede Boer en Brit, en beste stalletjie sal geskied.

Die 10de jaarlikse Boer en Brit-dag vind op 30 Maart op Val plaas.
Teen dagbreek sal boeretroos gereedstaan, die trein vanaf Standerton om 7.10vm opdaag en ontbyt om 7.30vm geëet kan word.

’n Bus sal om 8vm vanaf die Militêre Geskiedenis Museum, Saxonwold, Johannesburg vertrek waarna David Scholtz feesgangers sal verwelkom.
Stalletjies sal gereed vir besigheid wees en ’n straatoptog vind om 10vm plaas, waarna die prysuitdeling vir die besgeklede Boer en Brit, en beste stalletjie sal geskied.

’n Konvooi sal om 10.30vm na die Whisky Trein-voorval se skyngeveg vertrek vir die die slag van “Die Dop”.

Middagete bestaande uit tradisionele geregte sal om 12nm plaasvind voordat die gassprekers, Jackie Grobler, Louis Changuion, en Juliette Whelptonin om 1nm in die hotel se banketarea optree.

John Edmund behartig die musiek vir die feestelikheid.

Skakel Chris by 082 826 2906 vir treinplekbesprekings, David Scholtz by 083 440 1268 vir busbesprekings en tree met Rita in verbinding by info@valhotel.co.za in verband met stalletjies vir tradisionele geregte en handgemaakte artikels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version