Local newsNews

Hou jou dagboek oop vir Wakkerstroom Musiekfees

Die res van die naweek word gevul met vertonings deur deurwinterde, professionele kunstenaars sowel as jong, opkomende musieklui.

Die 2019-Wakkerstroom Musiekfees vier vanjaar oor die naweek van 20 tot 24 Maart hul 160ste verjaarsdag met ’n feesprogram wat klassieke musiek-fynproewers se monde sal laat water.

Die feesspyskaart bied ’n wye verskeidenheid van konserte in byna elke klassieke musiek-genre waaruit feesgangers kan kies en keur.

Met oor die 50 vertonings deur meer as 130 kunstenaars word ’n verrykende feeservaring gewaarborg.

Die fees begin op Woensdag, 20 Maart met ? konsertweergawe van Bizet se welbekende opera, Carmen, wat deur Sempre Opera aangebied word.

Die res van die naweek word gevul met vertonings deur deurwinterde, professionele kunstenaars sowel as jong, opkomende musieklui.

Feesgangers kan onder andere uitsien na die Suid-Afrikaansgebore Jan Hugo, internasionaal bekend as konsertpianis en sy vrou Clara, ’n sopraan met opleiding in Parys, Frankryk, se duetkonsert; ’n koorkonsert met werke van die Suid-Afrikaanse komponis, Franco Prinsloo, deur Vox Kamerkoor; die Odeionkwartet van Bloemfontein saam met die pianis Anneke Lamont; die Wits Trio; Vivace Guitar Duo; die AVO-Strykkwartet; YouthDanceCompany Tshwane met ’n balletuitvoering; die talentvolle tjellis, Aristide du Plessis begelei deur Andrew Warburton en die unieke duo Magda de Vries op marimba in samewerking met Malané Hofmeyr-Burger op fluit.

Bo en behalwe die ryk verskeidenheid van kamermusiek, is daar ook heelwat klassieke sangers wat gaan optree met uiteenlopende programme – van tenoor- en sopraanarias, ’n Spaans-Argentynse program tot Duitse en Franse lieder.

Oudergewoonte word die swaarder konserte ook afgewissel met ligter, dog, klassieke jazz-konserte en Red Rhapsody Jazz Ensemble en die Cherry Pill Band gaan vir die heupswaai- en saamneurie-oomblikke sorg.

Die hoogtepunt is die galakonsert wat op Saterdag, 23 Maart plaasvind en die program sluit op Sondag af met ’n uitvoering van Amadeus Mozart se bekende oratorium, die Requiem in D mineur, K. 626 deur Ensemble Fons Partita en soliste van Sempre Opera, Deirdré Blignaut-Rautenbach (sopraan), Aukse Trinkunas (mezzo), Chris Mostert (tenoor) en Danie Verster (bariton).

Die finale program se konsertskedule en aanlynkaartjieverkope sal vanaf einde Februarie by www.wmfestival.co.za beskikbaar wees.

Weens stygende gewildheid moet feesgangers spring om so spoedig moontlik verblyf te bespreek.

Besonderhede oor verblyf en die feesprogram is ook op die webblad beskikbaar.

Enige navrae kan aan info@wmfestival.co.za gerig word.

Inligting: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button