Local newsNewsSchools

Ermelo Hoërskool se 2018 matriekgroep spog met ’n slaagsyfer van 99 persent

Uit die groep van 101 matrikulante is daar ’n totaal van 99 A-simbole en ’n merkwaardige 146 B-simbole behaal.

Die 2018 matriekgroep van Ermelo Hoërskool het ’n slaagsyfer van 99 persent behaal.

EHS-leerders spog met Baccalaureus toelating van 73% en 21% kwalifiseer vir verdere tersiêre opleiding. Dus slaag 94% van die EHS se leerders met universiteitstoelating.

Uit die groep van 101 matrikulante is daar ’n totaal van 99 A-simbole en ’n merkwaardige 146 B-simbole behaal.

EHS het twee leeders wat elk vyf onderskeidings behaal het:

Lusanti Brundyn: Musiek (91%), Lewensoriëntering (90%), Engels Eerste Addisionele Taal (88%), Lewenswetenskap (84%), Afrikaans Huistaal (80%), Wiskunde (78%) en Fisiese Wetenskappe (78%).

Lydia Landman: Geskiedenis (95%), Lewensoriëntering (90%), Rekeningkunde (89%), Afrikaans Huistaal (84%), Wiskunde (83%), Engels Eerste Addisionele Taal (78%) en Fisiese Wetenskappe (70%).

Leerders wat spog met vier onderskeidings, is Jenna Lewis, Charl Rautenbach en Vandré Swart.

Berné de Kock, Elbeth Badenhorst, Deoline Cronjé, Willie Greyling, Sorita Holtzhausen en Franchoné Mulder het elk drie onderskeidings behaal.

Hoewel die EHS nie 100% slaagsyfer het nie, is die hoof en personeel dankbaar vir elke Errie wat hulle deel gedoen het en is hulle oortuig daarvan dat die leerder wat die her-eksamen gaan skryf wel die slaagpersentasie na 100% sal opskuif.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button