100 persent matriekslaagsyfer vir Ligbron Akademie vir Tegnologie

Ligbron het vir die vyftiende agtereenvolgende jaar geen druipelinge in Wiskunde nie.

Ligbron Akademie vir Tegnologie is tydens die Provinsiale Prysuitdelingfunksie vir die 2018 matriekuitslae van Mpumalanga vereer vir hulle 100 persent slaagsyfer.

Vanjaar kon sleg 26 uit die 556 skole daarin slaag om al hulle matriekleerders suksesvol deur matriek te kry.
Slegs agt van hierdie 26 skole het meer as 100 matrieks gehad en nege van die skole het vanjaar minder as 30 matrieks gehad.

Die Liggies (169 kandidate) en George Hoffmeyer (ses kandidate) is die enigste vorige model C-skole in die Hoëveldstreek (Gert Sibande) wat die 100 persent kerf bereik het.

Die Liggies het weereens bevestig waarom hulle ’n eerste keuse skool is vir Akademiese presteerders, met puik Wiskunde en Wetenskap uitslae.
Die twee vakke is vanjaar weereens onder die Top 3 in Mpumalanga bereken op die aantal onderskeidings wat die Liggies ontvang het.
As daar gekyk word na die persentasie leerders wat eindig met ’n punt bo 50 persent is Ligbron tweede beste in Wetenskap  met 81 persent van die leerders wat bo 50 persent behaal het en die beste in Wiskunde  met 91 persent van die leerders het bo 50 persent behaal.
Ligbron het ook vir die vyftiende agtereenvolgende jaar geen druipelinge in Wiskunde nie.
Twee leerders het elk sewe onderskeidings behaal.

Mandisa Motha het onderskeiding behaal in Engels (81%), Afrikaans FAL (96%), wiskunde (87%), lewensoriëntering (88%),
fisiese wetenskap (92%), besigheidstudies (94%), rekeningkunde (88%) en ’n gemiddeld van 89.4 persent behaal.

Nabiha Seedat het onderskeiding behaal inEngels (78%), Afrikaans FAL (92%), wiskunde (89%), lewensoriëntering (91%),
fisiese wetenskap (92%), besigheidstudies (89%), lewenswetenskap (86%), CAT (83%) en ’n gemiddeld van 88.1 persent behaal.

Edward Jacobs, Sthembile Maseko en Palesa Mtshali het elkeen met ses onderskeidings geslaag.

Die volgende leerders het met vyf onderskeidings geslaag;

Christian Klingenberg; wiskunde (88%), fisiese wetenskap (87%), siviele tegnologie (89%), Ingenieursgrafika en -ontwerp (85%) en lewensoriëntering (85%).

Marius Ferreira; wiskunde (87%), Engels (83%), rekeningkunde (84%), fisiese wetenskap (82%) en lewensoriëntering (85%).

Fama Diallo; Afrikaans FAL (88%), wiskunde (87%), lewensoriëntering (83%), lewenswetenskap (82%) en fisiese wetenskap (83%).
Atiyyah Omarjee; Afrikaans FAL (88%), wiskunde (87%), lewensoriëntering (89%), fisiese wetenskap (88%) en lewenswetenskap (80%).

Muhammed Jassat; Engels (81%), Afrikaans FAL (83%), lewensoriëntering (85%), meganiese tegnologie (86%) en fisiese wetenskap (80%).

Sabeehah Mogalia; Afrikaans FAL (80%), lewensoriëntering (93%), fisiese wetenskap (87%), lewenswetenskap (86%) en besigheidstudies (80%).

Nicola Meyer, Lyuanda Ngcobo, Nomcebo Mavimbela en Sammy Magadulele het vier onderskeidings behaal.

Die groep Liggies het 125 onderskeidings en 196 B simbole behaal.

 

Exit mobile version