Inwoners se bloed kook oor kragprobleme

Die K-lyn, J-lyn asook die V-lyn bedien hoofsaaklik boere en onderbrekings het ’n direkte impak op daaglikse aktiwiteite en produksie, asook op hul sak, omdat hul van kragopwekkers gebruik moet maak.

Die Standerton Advertiser het onlangs by me. Thobeka Mtshiselwa, Lekwa se kommunikasiebestuurder, navraag gedoen oor die oproepsentrum wat gereeld van lyn af is, maar wag steeds op kommentaar.

Die probleem het betrekking tot deurlopende elektrisiteitsonderbrekings op die K-lyn, J-lyn asook die V-lyn, met inwoners wat hande in die hare sit oor hul nie weet waar om dit aan te meld nie.

Me. Romi Coetzee wat krag vanaf die V-lyn ontvang, het aan die Advertiser ’n e-pos gestuur waarin sy aan haar frustrasie met kragprobleme, uiting gee.

Inwoners se bloed kook en tereg as jy me. Coetzee se e-pos onder oë kry.

Wanneer inwoners noodgedwonge die oproepsentrum probeer skakel, is dit aflyn en indien ’n stemmetjie wel antwoord, is dit glo altyd ’n variasie van dieselfde ou deuntjie: “Die saak is reeds aangemeld”, “Dit is ’n kabelfout”, óf “Die mense werk aan die probleem”.

Volgens verskeie inwoners wat gebuk gaan onder daaglikse kragonderbrekings, word daar nie aan inwoners terugvoer gegee nie en in baie gevalle wag inwoners tevergeefs vir die krag om weer aan te kom.

Die lys wat me. Coetzee verskaf het dui daarop dat hul gemiddeld ’n halfuur tot uur daagliks af is, en by tye van sewe tot nege ure moes wag vir die kragtoevoer om herstel te word.

Die K-lyn, J-lyn asook die V-lyn bedien hoofsaaklik boere en onderbrekings het ’n direkte impak op daaglikse aktiwiteite en produksie, asook op hul sak, omdat hul van kragopwekkers gebruik moet maak.

Onderbreekte kragtoevoer hou ook veiligheidsrisiko’s vir boere, plaasbewoners en werkers in.

Me. Mtshiselwa is gevra om aan inwoners te verduidelik waarom daar soveel ‘kabelfoute’ en onderbrekings op dié lyne ondervind word – en óf die munisipaliteit in staat is op dié probleem op te los en indien wel, wanneer.

Die vrae is na twee van haar e-posse gestuur asook op WhatsApp.

Me. Mtshiselwa het die boodskappe op WhatsApp gelees en dit is nie duidelik waarom sy keer op keer nie op inwoners se vrae antwoorde kan bied nie.

Sy het op 14 Desember ’n WhatsApp-boodskap gestuur: “Still getting information.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version