Local newsNews

AfriForum Buurtwag nooi almal na vergadering vanaand op Secunda

Almal is welkom omdat hul onder andere munisipale sake en probleme, veiligheid en algemene sake gaan bespreek.

Mnr. Jan du Plessis, voorsitter van AfriForum Teks-tak, het inwoners genooi om die AfriForum Buurtwag vergadering wat vanaand, Maandag, 3 Desember om 6.30nm by die Anker-gemeente op Secunda plaasvind, by te woon.

Hy het gesê almal is welkom omdat hul onder andere munisipale sake en probleme, veiligheid en algemene sake gaan bespreek.

“Ons wil graag die gemeenskap se terugvoering kry oor dié sake en daarom is dit belangrik dat almal dit bywoon,” het mnr. Du Plessis gesê.

Volgens hom het die gemeenskap op Trichardt reeds ’n projek geloods om slaggate reg te maak en die teer word Woensdag, 5 Desember afgelewer sodat dié projek kan voortgaan.

“Secunda het baie slaggate en ons benodig die gemeenskap se hulp om ook so ’n projek te loods,” het mnr. Du Plessis gesê.

“Die Evander gemeenskap het reeds ’n paar slaggate geidentifiseer wat ons graag saam met hulle wil regmaak.

“Die beraming vir die teer word tans gedoen.

“Daarna sal dit aangekoop word en die strate sal beter lyk.”

Die vergadering wat vanaand plaasvind, is AfriForum Buurtwag se laaste vergadering vanjaar.

Die volgende vergadering vind 14 Januarie om 6.30nm by die Anker-gemeente plaas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button